Emotikons is amper so oud soos die internet self, maar nou kan Facebook-gebruikers dit inspan wanneer hul kommentaar lewer op aktiwiteite op dié sosiale netwerk.

Gebruikers kan al vir ’n wyle met emotikons deur Facebook Messenger kommunikeer, maar vir die eerste keer kan jy dalk ’n gesiggie wat knipoog onderaan ’n foto wat jy gelaai het gewaar. Emotikons is nog nie beskikbaar vir wanneer jy net jou status wil opdateer nie.

Die wat Facebook se app op hul fone of tablette gebruik sal sien die emotikons verskyn tans as sleutelbordkarakters, maar dit sal as ’n regte emotikon vertoon wanneer dit vanaf ’n rekenaar besigtig word.

Sien hieronder vir ’n lys emotikons en hoe om dit te skep.