Frikkie se prokureurs het die aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Frikkie en Christoff Becker se parool is teruggetrek nadat ’n video aan die lig gekom het waarop hulle in die Kgosi Mampuru-gevangenis na bewering alkohol drink en ’n selfoon gebruik.

Die Waterkloof-vier – Christoff, Frikkie, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt – is op 11 Februarie vanjaar vrygelaat nadat hulle tronkstraf opgelê is omdat hulle in 2001 ’n hawelose in Pretoria doodgeslaan het.

Christoff en Frikkie is op 28 Februarie weer tronk toe gestuur.

Christoff het onlangs ’n soortgelyke aansoek ingedien, maar die hof het beslis dit was nie dringend nie.

Regt. Eberhard Bertelsmann gaan Donderdag uitspraak lewer.

- Sapa