Hulle is reeds die ouers van die skattige twee-jarige Lira en nou kan die aktrise Vicky Davis en haar man, Schalk Joubert, uitsien na die koms van nog 'n kleinding.

Schalk, wat 'n musikant is, het die blye nuus op Facebook gedeel en gesê Vicky is swanger met 'n seuntjie wat na verwagting in September sy opwagting sal maak.

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Baie geluk, julle!