Die kitaarspeler het maande voor sy dood met “dermkwessies” geworstel en sy gesondheidsprobleme het die Eagles genoop om planne te laat vaar om hul Kennedy Center Honor in Desember 2015 in ontvangs te neem.

Ten tye van die aankondiging in November 2015 het die groep se woordvoerder, Larry Solters, bloot bekend gemaak Glenn moet “ ’n groot operasie” kry en het ’n lang tyd nodig om te herstel. Lees ook: Groot hartseer vir Céline Dion Glenn het later aan rumatoïde artritis, akute ulseratiewe kolitis en longontsteking gesterf. Die rocker was ’n stigterslid van die Eagles en het baie van die groep se treffers help skryf, onder meer Take It Easy, Lyin' Eyes en Hotel California.

Hy het ook ’n suksesvolle sololoopbaan geniet nadat  die groep in 1980 uitmekaar is. In 1984 was hy wêreldwyd bo-aan die trefferlys met sy liedjie The Heat is On van die klankbaan van Beverly Hills Cop.

Lees ook: Musieklegende David Bowie sterf

Hy het ook sy lyf akteur gehou en ’n herhalende rol losgeslaan in die  televisiereeks Miami Vice van die 1980’s en ’n verskying in Tom Cruise se rolprent Jerry Maguire van 1996 gemaak. Die Eagles het herenig vir ’n terugkeertoer in 1994 en in 1998 in die Rock and Roll Hall of Fame ingehuldig. Glenn het sy vyfde en laaste soloalbum,  After Hours, in 2012 uitgereik. Ter bevestiging van die hartseer nuus het sy medemusikante Maandag in ’n verklaring geskryf: “Glenn het die afgelope weke ’n moedige stryd gestry, maar ongelukkig gesterf aan komplikasies van rumatoïde artritis, akute ulseratiewe kolitis en longontsteking.

“Woorde kan nie ons smart beskryf nie en ook nie ons liefde en respek vir alles wat hy vir ons, sy familie, die musiekgemeenskap en miljoene aanhangers wêreldwyd gegee het nie.”

© Cover Media