Die Vinyl-ster Olivia Wilde is swanger met haar en haar verloofde, die komediant Jason Sudeikis, se tweede kind. Hul seun, Otis, word Woensdag twee jaar oud en die nuus dat hy ouboet gaan word, is dus ’n vroeë verjaardaggeskenk. Olivia (32) het die goeie nuus Maandag op haar Instagramblad bekendgemaak met ’n swart-wit foto van haar en Otis wat elkeen hul maag wys.

Matching baby bumps.

A photo posted by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

Lees ook: Zetske en Altus deel goeie nuus, maar wat gaan 7de Laan se Oubaas hieroor te sê hê?

Op die foto kyk sy glimlaggend na Otis, wat kruisbeen sit. Sy dra swart onderklere en ’n wit hempie wat haar onmiskenbare boepie vertoon, en die glimlaggende Otis se wit hemp is opgerol oor sy maag. By die foto het sy geskryf: “Bypassende bababoepies.”

Die aktrise het onlangs aan die tydskrif People gesê sy en Jason (40) is reg vir nog ’n kleinding.

“Ek smag desperaat na nog kinders. Ek is baie lief vir my broers en susters en Jason het ook ongelooflike sibbes. Hoe meer daar is, hoe beter.”

Lees ook: Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Sy het ook aan E! News gesê sy is lekker jaloers op haar vriendin die aktrise Rose Byrne, wat onlangs die lewe geskenk het aan haar eersteling, ’n seun genaamd Rocco. En op ’n vraag oor of sy broeis is, het sy laat hoor: “Ja! Alles maak dat ek nog een wil hê!”

Olivia en Jason het in November 2011 begin uitgaan en in Januarie 2013 verloof geraak.

Sy was voorheen sewe jaar met die Italiaanse rolprentmaker Tao Ruspoli getroud, maar hulle is in Maart 2011 uitmekaar. Jason en die 30 Rock-aktrise Kay Cannon is in 2004 ná vyf jaar saam getroud, maar is in 2010 geskei.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Wonderbaba van Alberton sterf: ‘God het gekom om haar huis toe te vat,’ sê gebroke pa

Die soektog na Madeleine McCann: hoop vlam opnuut op

Oscar Pistorius se wolhaarhondjie: Vertroetel hom wanneer tronkdeur toeklap, vra kenner

Kyk hoe blom die liefde tussen dié beminde Afrikaanse sangerpaartjie

Kyk: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise