[caption id="attachment_135795" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Survivor se 28ste seisoen, wat op die eiland Cagayan by die Fillipyne afspeel, begin op 3 Oktober vanjaar van agt-uut tot nege-uur op SABC 3 wys.

“Die TV-reeks Divas of Jozi maak klaar, dus begin Survivor weer wys,” het Doulha Domingo, die kanaal se reklamebestuurder, aan Huisgenoot bevestig. Nes toe dit bekendgemaak is die gewilde sepie Days of Our Lives keer terug nadat dit aanvanklik van die kassie gehaal is, was Survivor-aahangers Maandagoggend verheug deur die nuus.

 
 
Kykers was aanvanklik lekker vies toe die besluit geneem is en het hul ontevredenheid daarmee op Twitter uitgespreek. Gelukkig lyk dit asof die magte by die SAUK geluister het.