Eddie Redmayne, die geliefde akteur bekend vir sy rolle in The Theory of Everything en The Danish Girl, het vir die eerste keer pa geword toe hy ’n dogter in die wêreld verwelkom.

Die Britse akteur (34) en sy vrou, Hannah Bagshawe, het Saterdag in ’n kennisgewing in die Britse koerant The Times bekendgemaak hulle het die ouers van ’n babameisie, Iris Mary, geword.

Luidens die kennisgewing is Iris op Woensdag 15 Junie gebore en hul woordvoerder het die nuus aan die Britse koerant The Sun, bevestig, deur te sê: “Ja, ek kan bevestig dit is waar.”

Eddie en Hannah, wat in 2014 getroud is, het in Januarie vanjaar by die Golden Globe-geleentheid onthul hulle verwag ’n kind saam. Die egpaar het toe aan die E! Live From the Red Carpet-aanbieder Ryan Seacrest verklap Hannah is swanger.

Ryan het vir die ster van Jupiter Ascending gevra of ’n baba op pad is, waarop Eddie geantwoord het: “Dit is waar!”

“Dis ongelooflik,” het Hannah aan die Amerikaanse televisieaanbieder gesê. “So baie het gebeur wat ons nie eens kan verwerk nie.”

© Cover Media