Volgens ER24 is die twee voertuie aan weerskante van die pad aangetref.

Die slag van die ongeluk was so groot dat die kar se enjin ’n ent verder in die veld gelê het.

’n Vroulike passasier is uit die bakkie geslinger en het beswyk weens veelvuldige beserings. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die man langs haar is ernstig beseer.

Van die vyf mense in die ligte motorvoertuig is twee in ’n kritieke toestand en drie het geringe beserings opgedoen.

Almal is na nabygeleë hospitale gebring. Die polisie ondersoek nog die oorsaak van die ongeluk.

Daar was vanjaar reeds talle ongelukke op die R501 buite Carletonville en paramedici voer aan die swak beligting op dié pad is moontlik ’n groot bydraende faktor.