Foto: @JohnSmit123

Die oud-Springbokkaptein John Smit het vroeër vanmiddag op Twitter sy babadogtertjie aan die wêreld voorgestel.

John het getwiet: “Die Here het ons vandag geseën met ’n pragtige dogtertjie. Welkom aan Taylor Rose Smit! Ons gesin is nou amptelik 5 sterk!”

John, wat 111 keer vir die Springbokke uitgedraf het, en sy vrou, Roxy, het reeds twee kinders, ’n seuntjie Tyron en ’n dogtertjie Emma-Joan.

Hy het onlangs sy uittrede uit beroepsrugby aangekondig en keer ná twee jaar by die Engelse span Saracens terug na Suid-Afrika. Hy sal in Julie die amp van uitvoerende hoof van Sharks-rugby inneem.

Baie geluk aan die Smit-gesin met die nuwe kleinding!

Volg John Smit op Twitter: www.twitter.com/JohnSmit123