’n Protesaksie wat Vrydag veral in Lichtenburg in die Noordwes aansienlike skade veroorsaak het, het Maandag weer voortgegaan. Dié keer het die naasliggende dorp, Coligny, ook sleg deurgeloop. Die protesaksie spruit na bewering voort uit ongelukkigheid rondom dienslewering. Teen ongeveeer 18:30 Maandagaand was die protesaksie nog steeds aktief, alhoewel nie so intens soos vroeër vandag nie. Volgens OFM is die paaie vanaf Coligny na Lichtenburg, Coligny na Biesiesvlei en Coligny na Hartbeesfontein in hierdie stadium nog gesluit.

Verskeie polisievoertuie het deurgeloop. Daar word ook beweer dat van die betogers voertuie wat by hulle verbygery het, beskadig het.

Só het dit vroeër vandag in beide dorpe uitgesien

Coligny
Volgens Jacaranda FM is skoolkinders uit skole geneem om aan die protesaksie deel te neem. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het ook gesê inwoners is ongelukkig nadat ’n minderjarige gesterf het toe hy van ’n plaaslike boer se bakkie geval het.
[caption id="attachment_169931" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf Foto verskaf[/caption]
Lichtenburg Dié video is na bewering vanaf Toyota Lichtenburg geneem.
 

Reisigers na die gebied, asook inwoners van die dorpe word aangemoedig om op plaaslike en streeksradiostasies in hul omgewing in te skakel vir die nuutste verwikkelinge.