Naomi en Liev se verklaring lui: “Ons het die afgelope paar maande tot die slotsom gekom die beste manier om vorentoe te beweeg as ’n familie is om as paartjie uitmekaar te gaan."

"Ons sien met baie liefde, respek en vriendskap in ons harte uit daarna om ons kinders saam groot te maak en om hierdie nuwe fase van ons verhouding te verken.

A photo posted by Naomi Watts (@naomiwatts) on
"Hoewel ons die media se nuuskierigheid en ondersteuning waardeer, vra ons dat julle ons kinders in ag neem en hul reg tot privaatheid respekteer.”
Volgens berigte het die sterre al ’n ruk lank nie meer saam gewoon nie, maar maak hulle hul seuns, Alexander (9) en Samuel (7) saam groot. Hulle is laas op 13 September saam met die kinders in New York gesien.
Liev en Naomi het nooit getrou nie, maar is sedert 2005 saam.

A photo posted by Naomi Watts (@naomiwatts) on

Liev het onlangs vertel van sy eerste afspraak met die King Kong-aktrise nadat hulle by die Met Gala aan mekaar voorgestel is en Naomi gesê het hulle moet na ’n klub toe gaan.

Liev het aan die tydskrif Esquire gesê hy was “baie verleë” toe hy daar aankom en Naomi, wat toe binnekort sy meisie sou word, langs haar pelle Sean Penn en Benicio del Toro sien.

“Ek is na hierdie klub toe waar sy gesê het ek moet haar kry en natuurlik sit sy toe daar met Sean en Benicio en ek staan soort van net rond en wag my beurt af.

"Ek dink ek was senuweeagtig en baie verleë om daar te wees en selfbewus, want al hierdie rolprentsterre het daar rondgehang en ek het ongemaklik en uit my element gevoel. Ek sou nie ’n goeie indruk gemaak het nie.

"Toe sê ek: ‘Ek’s jammer, maar ek moet huis toe gaan.’ Sy’t my buitentoe gevolg en gevra: ‘Soek jy nie my nommer nie?’” Noami het op haar beurt die oomblik in ’n onderhoud met die tydskrif Allure gedeel. “Ek wil gewoonlik hê ’n ou moet die eerste skuif maak en hy was nie van plan om dit te doen nie. "Ek was so aangetrokke tot hom en sy werk en toe sê ek iets parmantigs toe hy uitstap. Ek het gesê: ‘Soek jy nie my nommer nie?’ Want ek kon beslis nie sê: ‘Wil jy my nommer hê’ nie. “Dit het hom laat lag. Hy het my vyf minute later ’n teksboodskap gestuur en gesê: ‘Wil jy dalk nou vir ’n drankie gaan?’ En ek het geantwoord: ‘Nee, ek sal jou môre vir ontbyt ontmoet’.”

Natuurlik het Twitter nie agterweë gebly om komiese verligting te bring nie.

© Cover Media