A photo posted by Josh Brolin (@joshbrolin) on

Die ster van The Men in Black 3 het Saterdagaand in Cashiers in die Blue Ridge-gebergte in Noord-Carolina met Kathryn Boyd, ’n voormalige assistent wat model geword het, getrou. Volgens US Weekly was James Brolin, pa van die 48-jarige Josh, en sy vrou, Barbra Streisand, ook onder die gaste. Onbevestigde berigte dui daarop dat Matt Damon en Bradley Cooper ook die geleentheid bygewoon het. Die repetisie-aandete is glo Vrydag by die plaaslike Canyon Kitchen-restaurant gehou. Die paartjie het vroeg verlede jaar verloof geraak nadat hulle twee jaar uitgegaan het. Kathryn het by verlede jaar se Cannes Filmfees in Frankryk vir die eerste keer met haar verloofring gespog.

A photo posted by Josh Brolin (@joshbrolin) on
Josh het vroeër vandeesmaand onthul hy is heeltemal handig wat die beplanning van sy spesiale dag met Kathryn betref. "Ek is die kêrel wat homself moet dwing om terug te staan!” het hy gelag. “Ek is só ’n beheervraat en wil net altyd alles beheer.” Hy het bygevoeg: "Ek wil dit nie eens regtig beheer nie – ek wil net in die middel daarvan wees. Ek wil in die kern van die saak wees want dit is die prettige deel.”

A photo posted by Kathryn Boyd (@kathrynboyd_) on

Dit is die derde keer dat Josh met die kerkpaadjie afstap – hy was van 2004 to 2013 met die aktrise Diane Laine getroud, en hy en sy eerste vrou, Alice Adair, is in 1994 geskei ná ’n huwelik van ses jaar.

Josh en die aktrise Alice het twee volwasse kinders, Eden en Trevor, wat albei in hul ouers se voetspore gevolg het Hollywood toe.

© Cover Media