Die koninklike paartjie wil ’n groot gesin hê en oorweeg dit reeds om baie binnekort weer ouers te word.

“Kate raak broeis en hulle wil baie graag ’n boetie en sussie vir George hê,” het iemand in die binnekring aan die Daily Star gesê. “Hulle sal so gou moontlik nog ’n baba hê en wil ’n groot gesin hê, meer as die gewone erfgenaam en tweede kind. Kate en William het reeds begin kyk na wanneer ’n goeie tyd daarvoor sal wees.”

William en Catherine, bekend as Kate Middleton voor sy in 2011 met William getrou het, het onlangs hul peperduur, nuut opgeknapte eiendom in Kensingtonpaleis in Londen met hul baba betrek en wil die woning in ’n ware  gesinswoning omskep. Die hertogin het kinderbestande meubels en rusbankbekleedsel gekies.