“Ons het begin om vlak-1 beurtkrag te implementeer,” het woordvoerder Andrew Etzinger gesê.

“Drie groot opwekkers by ons kragsentrele is buite werking.”

Eskom het vroeë bekendgemaak dat voorraad by sy pompstoor kragsentrales herstel is en dat daar geen kragonderbrekings die week sal wees na verlede week se vlak-3 beurtkrag nie.

Baie areas in die land was sonder elektrisiteit vir meeste van die naweek weens beurtkrag wat deur Eskom geïmplementeer is om reserwes vir die komende week weer aan te vul.

Etzinger het gesê dat kragonderbrekings vir die meeste van die dag Maandag sou plaasvind, maar dat “dinge beter sal raak” sodra die kragopwekkers weer werk.

- Sapa