Maandag is daar aangekondig dat haar aanhangers in Suid-Afrika Mariah net op 1 en 2 Mei 2016 by die Ticketpro Dome in Johannesburg te siene sal kry. Big Concerts het egter Dinsdagoggend aangekondig dat haar Sweet sweet fantasy-toer ook in Kaapstad en Durban 'n draai maak.
Kapenaars kan haar 26 April in die Kaapstad-stadion te siene kry en in Durban verskyn sy 29 April in die Moses Mabhida-stadion. Luister ook: Vyf Mariah Carey-liedjies om jou op te warm vir haar SA vertoning