karlien-main Nie net is sy nou vyf maande swanger met haar en Derick Hougaard se tweelingseuns nie; haar ander “baba”, die nuwe CD Uitklophou, is uiters suksesvol en het platinumstatus bereik deur verkope van 40 000 te haal binne drie maande sedert die uitreiking in Julie vanjaar. Suid-Afrikaners kan nie uitgepraat raak oor ‘Uitkophou’ nie:

  • @Ellatji: “op kyknet #hande vrou jy’s pragtig jy’s waarlik geseën met pragtige talent! Mal oor jou nuwe cd!!”
  • “@FranzDetter: “Uitklophou is die rede hoekom ek weer na Afrikaanse musiek luister. 10 uit 10!”
  • @anilda_botes: “Die eerste keer wat ek @KarlienVanJ live sien!!! Jy’s beautiful!!!!!!! So kort... Hahahahaha en jou magie te oulik!!! WOW”
  • Die video ‘Hande’ is ook al meer as 100 000 op Youtube gekyk en die trefferparades wys ook dat dié liedjie almal holderstebolder verower het:
  • Bok Radio - #3 op hul Top-40
  • Bosveld Stereo - #6 op die Top-20-Kompetisie
  • Jacaranda FM - #3 op die Kia Top-20
  • Lichvaal Stereo - #8 op die Top-20
  • IFM - # 5 op die SA Top-30
  • Radio Laeveld – #3 op hul Top-10
  • VCR - #2 op die SA Top-20
  • KykNET - #1 op die Jukebox Top-10 (Album)
  • RSG - #1 op die SA Top-10 20 (Album)