’n Franse dokter wat Michael Schumacher amper ses maande behandel het nadat die Formule Een-kampioen in Desember verlede jaar in ’n ski-ongeluk sy kop gestamp het, sê hy is nie meer in ’n koma nie en voorspel hy kan moontlik binne drie jaar herstel.

Jean-Francois Payen, ’n dokter by die hospitaal in Grenoble waar Michael behandel is nadat hy beseer is, sê hy het die Schumacher-gesin by hul huis in Switzerland besoek om op hoogte van sy pasiënt se vordering te kom.

“Die lewe ná ’n kopbesering word gemerk deur fases,” het Jean-Francois aan die radiostasie RTL gesê. Hy voorspel ’n hersteltydperk van een tot drie jaar. “Ons hoop, maar ons moet hom tyd gee.”

Michael was saam met met sy 14-jarige seun in die Franse Alpe toe hy val en sy kop so hard teen die kant van ’n klip kap dat sy helm kraak.

Bronne: Press Association, News.com.au