Twee kommersiële hoenderplase, een in Mpumalanga en een in Gauteng, is nou onder kwarantyn geplaas. Die beweging van enige hoenderprodukte na en van die plase is ook gestaak.

Voëlgriep het reeds verlede maand by twee ander hoenderplase in Mpumalanga uitgebreek. Een van die plase behoort luidens berigte aan die pluimveeverskaffer Astral.

Nog voor die uitbraak wat Woensdag bekend gemaak is, moes ongeveer 500 000 hoenders moes reeds van kant gemaak word vanweë die Junie-uitbraak.

Die impak van die virus op hoender- en eiervoorraad is in hierdie stadium nog beperk.

Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) het verlede week gesê Suid-Afrikaners behoort nie meer vir hoendervleis of - eiers betaal as die virus nie verder versprei nie.

In die lig van vandag se bekendmaking is dit egter nie seker in welke mate die bykomende twee gevalle die prys van die produkte gaan opjaag nie.

Die Bestuursagentskap vir Pluimveesiektes (PDMA) se nuwe stelsel waarvolgens kommersiële hoenderboere en afslaers wat in lewendige hoenders handel, geregistreer moet word, was van groot hulp om die beweging van hoenders wat die afgelope 21 dae by ’n geregistreerde abattoir geslag is, na te spoor.

Die departement raai die publiek aan om enige byeenkoms waar hoenders byvoorbeeld by vendusies of pluimveeskoue byeen is, te vermy en dat organiseerders van enige van hierdie byeenkomste vooraf met die staat se veeartseny-owerhede kontak maak.  

Buurlande, waaronder Zimbabwe, Namibië en Botswana het reeds alle pluimvee-invoere vanuit Suid-Afrika opgehef.

Bronne: fox24news.com, businesslive.co.za, pressreader.com