’n Willewragtag van ’n stofstorm het Bloemfontein en ander dele van die Vrystaat vroeër vandag getref. Skouspelagtig en vreesaanjaend terselfdertyd. Ons hoop ons vriende in die Rosestad is ongeskonde deur hierdie kragtoer van Moeder Natuur.

Wat se kans staan dié windpomp teen hierdie storm?

Naby Brandfort

Bloem toe onder die stof

Universiteit van die Vrystaat

Voor en na die storm Die stof bedek alles...

Suzuki word op ‘die stof’ gestel

Sigbaarheid tussen Bloemfontein en Petrusburg

Uit die vliegtuig

Op lughawe

Straattoneel - Hilton, Bloemfontein

Hierdie stofstorm kom van ver af.