Die aktrise (49) het na bewering dokumente begin opstel om nog ’n kind aan te neem. Sy wil blykbaar haar seuntjie, Louis (3), ’n maatjie gee. Sy het Louis in 2010 as pasgebore baba aangeneem.

’n Bron het aan National Enquirer gesê: “Om ma te wees beteken vir haar meer as alles anders – as haar Oscar, loopbaan, roem, geld. Sy is gebore om ’n ma te wees. Sy het ’n seun, en binnekort sal sy dalk ook ’n dogter hê.”

Dit het vier jaar geduur voor Sandra se eerste aanneming afgehandel was. Haar vriende sê Sandra dring nooit aan op spesiale behandeling nie.

Die bron het voorts gesê: “Net omdat sy ryk en bekend is, beteken dit nie Sandra het voorkeurbehandeling verwag of wou dit hê nie. Dis nie haar styl nie.”

Sandra het haar program vir die komende jaar oopgehou, behalwe vir ’n stemrol in die nuwe tekenprent Minions. Dis dalk ’n teken dat sy nog ’n kind wil aanneem.