Liu Juyou het tydens ’n roetine-ondersoek vir dronkbestuur positief vir die dwelm getoets en agter tralies beland.  Sy vermoede dat hy die dwelm deur ’n bak noedels ingekry het, wat hy by ’n restaurant in die Shaanxi-provinsie geëet het, is bevestig nadat hy familielede oortuig het om ook daar te gaan eet en hulle dan te laat toets.

Die eienaar het intussen bevestig hy het 2 kg papawersaad teen R1 118 gekoop, dit fyngemaal en by noedels gevoeg.

Die polisie het gesê die verwerkte papawersaad bevat glo genoeg opiaat om in die liggaam op te bou en kan jou positief daarvoor laat toets.

Bronne: timeslive.co.za, bbc.com