President Zuma's Nkandla homePres. Jacob Zuma het persoonlike aansienlik baat gevind by die opgradering van dermiljoene rande aan sy Nkandla-tuiste in KwaZulu-Natal, berig die Mail & Guardian.

Volgens die koerant is dié inligting vervat in adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se voorlopige verslag oor die opknapping.

Die regering het voorheen verklaar die verbouing was noodsaaklik vir die president se veiligheid, maar in haar verslag bevind Madonsela ’n swembad, besoekersentrum, amfiteater, beeskraal, markiestent-gedeelte, uitgebreide plaveisel en nuwe huise vir familielede is deel van die opgradering, en dat die belastingbetaler moes opdok vir die “reuse onkoste”.

Madonsela se verslag stel voor die president moet voor die parlement pa staan vir sy oortreding van die etiese kode vir hooggeplaastes op twee aanklagte.

Eerstens omdat hy in gebreke gebly het om staatshulpbronne te beskerm en tweedens omdat hy die parlement mislei het deur voor te gee hy en sy familie het betaal vir al die verbeteringe wat nie met veiligheid verband hou nie.

Een van die vernaamste aantygings in die verslag noem dat die koste van ’n aanvanklike geskatte R27 miljoen tot R215 miljoen toegeneem het, terwyl nog R31 miljoen se werk nog uitstaande is.

Bron: Sapa