Oor roem: “Mense dink altyd hulle ken jou omdat jy vyf jaar lank elke week in hul TV-kamer is, maar ek raak altyd baie ongemaklik wanneer mense meer oor my weet as ek oor hulle.”

Oor mode: “Ek was nie kleintyd ’n popperige meisie nie. Ek het van mode gehou, maar was nie juis stylvol nie. Ek het nie altyd die beste uitrustings gehad nie, en op ’n stadium het ons selfs by die Heilsleër (’n liefdadigheidsorganisasie) klere gekoop.

Oor haar persoonlikheid op die rooi tapyt: “Dit voel nie werklik nie omdat ek nie in daardie wêreld leef nie. Wanneer ek sulke geleenthede bywoon, is ek in daardie stad juis vir daardie geleentheid en gaan ek weer direk daarna huis toe. Ek het seker al een keer vir die partytjie ná die geleentheid gebly. Dit voel in elk geval asof ek steeds ’n aanhanger is. Baie mense is baie sinies en afgestomp, maar ek is nog nie so nie.”

Oor haar toneelspel in ’n komedie: “Dit is vreesaanjaend. Ek kan emosioneel raak en begin huil, maar daar is baie druk op jou wanneer jy snaaks moet wees. Jy moet werklik uitgelate en vreesloos wees.”

- Janine Nel