Die 60-jarige Hollywoodse superster was verlede Sondag op ’n wandeling deur Central Park toe hy sien Elizabeth en Ryan se amptelike troufoto’s word geneem. Die bruid is op die eerste foto stomgeslaan toe Hank haar en haar splinternuwe man omhels op die vrypostige swart-en-wit kiekie.

Op die volgende foto soen die ster van Sully Elizabeth se hand, hy skud Ryan, die bruidegom, se hand op ’n ander foto, en laastens het die fotograaf hom vasgelê terwyl hy besig is om ’n selfie saam met die stralende paartjie te neem. Tom het selfs die selfie, waarop op die stralende paartjie langs die akteur grinnik, op Instagram gedeel. “Elizabeth en Ryan!” Geluk en seënwense! Hanx,” was die byskrif by die greep.

Meg, die fotograaf, het ’n collage van die spesiale foto’s van die beroemdes op Instagram gedeel, asook herinnerings aan die baie spesiale dag wat sy onverwags vasgelê het.

“Gister se troue was so pragtig! Elizabeth en Ryan, julle het ’n verstommende viering beplan. Die kersie op die koek was @tomhanks wat in Central Park vertoef het om hulle geluk te wens,” was haar kommentaar. Dié troufotosessie was die einde van ’n fantastiese week vir Hanks. Tom het vertel van die Oscar-opwinding wat sy rol in Sully, wat deur Clint Eastwood geregisseer word, ontlok. Die ster het die goue beeldjie vir beste akteur in 1994 en 1995 agtereenvolgens vir Philadelphia en Forrest Gump gewen, maar hy is nog nie weer sedert 2001 (vir Cast Away) benoem nie. Vroeë resensies vir die vliegtuigdrama het ’n gegons oor Oscars aan die gang gesit, maar Tom bly koelkop oor die saak.

“Dit is iemand anders se verantwoordelikheid; ek hoef nie so iets te doen nie. Jong, ek sal na enige plek gaan as ek genooi word. Ek sal dit aanvaar. Maar, genade, man, dis September. Gee ’n mens ’n kans, toe, asseblief,” het hy aan die Persvereniging gesê.

Sully volg die ware verhaal van die heldhaftige loods Chesley “Sully” Sullenberger, gespeel deur Tom, wat in Januarie 2009 die lewe van al 155 die passasiers en die bemanning aan boord van Vlug 1549 van die Amerikaanse Lugdiens gered het deur met sy gedoemde vliegtuig op die Hudsonrivier in New York te land.

© Cover Media