So sê die sportreus Nike oor die Russiese Grand Slam-wenner, wat in Maart onthul het dat sy vroeër vanjaar by die Australiese Ope positief getoets het vir die verbode middel meldonium.
“Die Internasionale Tennisfederasie (ITF) het bevind dat Maria nie met opset die reëls oortree het nie,” lui Nike se verklaring, volgens die BBC.
Maria neem glo die middel, wat dikwels vir hartkwale voorgeskryf word, al jare lank en was onbewus dat dit in Januarie vanjaar by die lys verbode middels gevoeg is.

“Ek aanvaar volle verantwoordelikheid hiervoor,” het Maria kort ná die voorval gesê.

“My huisdokter skryf die afgelope 10 jaar die middel aan my voor. Mense moet verstaan dit was 10 jaar nie verbode nie en dat ek dit wettig gebruik het.”

Nike sê Maria het haar saak verduidelik en verskoning gevra. Sy appelleer teen die ITF se besluit.

“Ons hoop om haar gou weer op die baan te sien en sal aanhou met haar saamwerk,” sê Nike, wat in 2010 ’n borgskapkontrak van agt jaar met Maria gesluit het.

Bronne: BBC, Forbes, http://www.mariasharapova.com/filter/hentry

Lees ook op Huisgenoot.com:

EKSKLUSIEF: ’n Groot gunsteling verlaat die Laan

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .