Seelandië, die aarde se verskuilde vasteland, is pas aangekondig. ’n “Nuwe” vasteland beslaan 5 miljoen m(nagenoeg die helfte so groot soos Australië) en dis feitlik heeltemal onder water in die suidweste van die Stille Oseaan.

A post shared by Velebit Saša (@sasavelebit) on

Maar dis nie heeltemal akkuraat om die landmassa “nuut” te noem nie, want sien, sy hoogste berge staan bekend as Nieu-Seeland en die eilande van Nieu-Kaledonië. Hulle beslaan die 6 persent van die vasteland wat bokant die water uitsteek. Tot dusver het wetenskaplikes bloot die oorblywende 94 persent onder die water geïgnoreer.

A post shared by Jeca Arias (@abejarias) on

Maar sommige wetenskaplikes doen nou moeite om dit as vasteland te laat erken.

In ’n artikel, wat in GSA Today, die Geologiese Vereniging van Amerika se vaktydskrif gepubliseer is, verduidelik navorsers danksy die volgende eienskappe kan Seelandië in aanmerking kom vir die status van vasteland:

  • Dit lê hoër as die omliggende gebied.
  • Kenmerkende geologie.
  • ’n Duidelik omlynde oppervlakte.
  • ’n Kors wat dikker is as die gewone seebodem.
Volgens die BBC het Nick Mortimer, skrywer van die artikel in GSA Today en ’n Nieu-Seelandse geoloog, gesê die stryd om erkenning van Seelandië duur al twee dekades.

A post shared by Xavier (@ravier_bert) on

En dit waarvoor hy en sy geesgenote stry, behels aansienlik meer as net ’n ekstra naam op die lys vastelande.

“Die feit dat die vasteland so onder die water is maar in een, betreklik ononderbroke stuk” maak dit nuttig vir die “ondersoek van die kohesie en opbreking van die kontinentale kors”, het Mortimer bygevoeg.

Maar hoe sal so ’n erkenning amptelik kan gebeur?

Daar is geen wêreldliggaam of maatstawwe vir die erkenning van vastelande nie; al raad is dat ál meer huidige en toekomstige wetenskaplikes se sienswyse beïnvloed moet word. En genoeg navorsing moet gedoen word om ál meer van hulle te oortuig.

Bronne: BBC Asia, Geo Society,