Dit het reeds met twee vroue in die Carlisle-winkelsentrum oorgekom toe hulle dit gewaag het om te nies. En nog voor iemand kon sê “Gesondheid” het die einaardige man met sy fobie vir kieme hulle bygedam.

Die eerste vrou het Maandag deurgeloop in die sentrum. Die tweede vrou, ’n 82-jarige pensioentrekker, het Dinsdag dieselfde oorgekom.

Die polisie het ’n beroep op die publiek gedoen om enige inligting wat hulle na die man toe kan lei, te deel. Die man is in sy laat 50’s en het ’n tweedbaadjie gedra.

Bronne: mirror.co.uk, telegraph.co.uk