Kaapstad –

[caption id="attachment_113586" align="alignnone" width="365"]Foto: Justin Alberts Foto: Justin Alberts[/caption]

Die vyftigjarige Regina Bessick het dus Vrydag trots gestap om haar graad in teologie by die Stellenbosse universiteit in ontvangs te neem, sewe jaar nadat sy as eerstejarstudent die kampus betree het.

“Alles wat ek deurgemaak het om hier uit te kom, was die moeite werd,” het sy ure ná haar gradeplegtigheid gesê. En, alhoewel sy graag die geleentheid saam met haar familie by die Schoongezicht-buffetrestaurant sou wou vier, is die geld te skraps. Darem kon sy die dag met 'n Kentucky-ete vier met geld wat haar susters bymekaargeskraap het.

Dit wat ons eet is nie belangrik nie. Die feit dat my familie by my is, is belangrik.

“Maar dit is ook oukei. Dit wat ons eet is nie belangrik nie. Die feit dat my familie by my is, is belangrik. Die volgende stap gaan wees om ’n werk te kry sodat ek uiteindelik vir hulle kan sorg.”

Wat die klaarmaak van haar studies betref, het sy opgemerk: “Dit wys die Here is goed. Ouderdom en omstandighede bepaal beslis nie dit wat jy in hierdie stadium van jou lewe kan bereik nie,” het sy gelag.

Sy was een van honderde studente wat Vrydag grade gekry het. Sy het trots graad gekry in 'n mentgroen rok wat 'n vriendin vir haar vir die geleentheid gekoop het.

Sy het met verwondering gepraat oor al die mense wat haar gehelp het om die struikelblokke te oorkom. Twee van haar kinders het selfs hul eie opleiding uitgestel sodat sy eers haar drome kon bewaarheid.

Volgens Regina het sy altyd daarvan gedroom om aan 'n universiteit te studeer en 'n loopbaan te volg, eerder as om as 'n bediende te werk ten einde kos op die tafel te sit.

'Ek wou iets beters hê'

“Ek het alles gedoen – van rakke in die supermark pak tot as sekuriteitswag werk," het sy onthou. “Maar ek wou altyd iets beters doen vir my en my kinders. Ek het net nie geweet hoe om dit reg te kry nie.”

Haar studiegeld is gereeld deur middel van anonieme donasies in haar rekening inbetaal.

Nadat sy haar belangstelling in teologie met kerkleiers bespreek het, het hulle die registrasievorms aan haar gegee en haar aangemoedig om aansoek te doen.

“Ek was so verras toe ek aanvaar is. Ek het nie 'n idee gehad oor hoe ek elke dag op Stellenbosch sou kom nie, maar ek het seker gemaak dat ek daar was toe die klasse begin het. Die meeste van die tyd moes ek duimgooi.”

Haar studiegeld is gereeld deur middel van anonieme donasies in haar rekening inbetaal. 'n Beurs van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) het ook 'n beduidende duik in haar studieskuld gemaak.

'n Sekere kerk in Maitland het periodiek “aansienlike bedrae” inbetaal om te verseker dat sy haar studies kon voltooi, het sy gesê.

Studente, sowel as vriende, het ook kontant en kruideniersware aan haar geskenk om haar huishouding aan die gang te hou terwyl sy haar aandag by haar studies bepaal het.

Maar die afgelope klompie jare was moeilik vir haar gesin, het sy gesê, en in haar huishouding was dit nie ongewoon om soms met 'n leë maag bed toe te gaan nie.

“Ek het deurgedruk”, sê Regina eenvoudig.

Inspirasie

“Studentwees was nogal 'n ondervinding. Ek was so gefassineer deur die ander studente in my klas. Hulle kon Engels en Afrikaans vlot praat en almal was rekenaargeletterd. Ek kon net Afrikaans praat en ek weet bitter min van tegnologie.”

Die vriende wat sy gemaak het, het gehelp om die Engelse lesse in Afrikaans te vertaal en hulle het haar gewys hoe om met 'n rekenaar te werk. “Hulle is só jonk, maar hulle het my geïnspireer. Ek het ekstra pogings aangewend om tot by hul vlak te kom en aan myself te bewys dat ek ook kan doen wat hulle kan doen.

'Ek wil hulle inspireer, veral my eie kinders,' sê Regina

Sy is in 2012 met pankreaskanker gediagnoseer, en hoewel sy nog altyd al haar krag aan haar studies gewy het, het sy 'n klompie vakke gedruip.

Van haar vriende by Maties het gehelp om haar doktersrekeninge te betaal terwyl sy teen die siekte geveg het en twee van haar kinders het die skool verlaat om na haar om te sien.

“Maar ek het teruggegaan,” het sy gesê. “Ek sou nie toelaat dat enigiets tussen my en sukses kom nie.”

Volgens Regina voltooi jongmense in haar gemeenskap dikwels nie hul hoërskoolloopbaan nie, om nie eens van universiteit toe gaan te praat nie.

“Ek wil hulle inspireer, veral my eie kinders. Hulle moet kan sien waartoe jy in staat is as jy daarin glo om jou lewe te verbeter. Ek het dit ter wille van hulle gedoen. Sodra ek genoeg geld het, sit hulle ook af universiteit toe.

Professor Adam Small, die akademikus, digter en dramaturg, het ook 'n eredoktorsgraad in die Lettere by dieselfde geleentheid ontvang.

Bron: News24