Gu Meiying van Qiubei, Yunnan in China was 24 jaar oud toe sy ’n besluit geneem het wat talle ander grys hare sou gee: om nooit weer haar hare te sny nie. Sy het geglo dit gaan haar gesondheid verbeter en dat sy ’n langer lewe sou lei.

Vandag, 35 jaar later is haar haredos ’n allemintige 2.52 m lank.

Sy het eers bloot net die lange haredos agter haar rug vasgebind, maar dit het later so deurmekaar vervleg geraak dat sy met ’n enkele vlegsel opgeëindig het wat glad nie meer uitmekaar gekam of -gehaal kan word nie.

Dit is nie snaaks om die 59-jarige se sien met haar hare in ’n soort van nes op haar kop of as ’n gordel om haar lyf te sien rondloop nie.

Dis onbekend hoeveel Gu Meiying se kuur vir beter gesondheid en ’n langer lewe weeg. Dit verhoed haar gelukkig nie om aktief besig te bly nie. Maar wanneer dit tyd is om haar 2,52 m-lange vlegsel te was, kan sy maar weet: dit kan tot ’n week neem voor die massa geheel en al droog is.

Laat dit dalk jou kopvel jeuk? Kyk gerus die video hieronder:

Bron: YouTube