Nicole Kidman se man was bekommerd toe die Oscar-wenner vol kneusplekke by die huis kom nadat sy intense tonele saam met Alexander Skarsgård vir die drama Big Little Lies verfilm het.

[caption id="attachment_165968" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die aktrise speel ’n mishandelde vrou wat in ontkenning leef in die HBO-reeks en van die kneusplekke wat haar karakter, Celeste, opdoen, is eg.

Nicole (49), wat ook in ’n paar woeste liefdestonele verskyn, sê manlief Keith Urban was “geskok” toe hy sien hoe ver sy vrou gaan om haar rol te vervolmaak. “Ek het nie besef hoeveel daarvan het my getref nie,” het Nicole aan Vogue gesê. “Ek het soms saans huis toe gegaan in baie pyn en moes goed soos Advil gebruik omdat ek rondgegooi is. Ek was erg gekneus. Keith het op ’n kol gesê: ‘Ek gaan ’n foto van jou rug neem, want dis vol groot, donker kneusplekke’. “Hy was geskok toe hy dit sien, maar toe sê hy: ‘My vrou is ’n kunstenaar!’

A post shared by Closer Weekly (@closerweekly) on

“Hy weet dis hoe ek werk,” sê Nicole. “Ek kom dit die helfte van die tyd nie eens agter nie. Ek’s mal daaroor om die rol te vertolk omdat sy ’n pragtig geskepte karakter is met ’n regisseur (Jean-Marc Vallée) wat dit wou verken en dit was wonderlik om ’n akteur soos Alex te hê om teenoor te speel.

“Dis waarna ons almal as akteur soek. Maar toe ek wegstap daarvan, het ek gedink dit was die diepste wat ek al gedelf het in die verkenning van dinge vind en verloor.”

Nicole het onlangs aan die tydskrif Vulture gesê sy het die HBO-base gesmeek om Alexander te kry om haar gewelddadige man in Big Little Lies te speel.

“Hy’t die vermoë om jou in te trek, maar hy stort ook ineen. Hy het daardie broosheid, maar ook die oorheersende manier. En hy’s natuurlik baie lank, wat goed werk vir my. Dis nie aldag dat ek klein lyk nie. Hy is dus fisiek ook oorheersend, en dit is vreesaanjaend.”

© Cover Media