Die sangeres (35) en die Formule 1-jaer (28) het blykbaar hul vyf jaar lange aan/af-verhouding beëindig omdat hul werk hulle te besig hou.

Lewis het aan Sky Sports gesê: “’n Mens kry mense wat hul emosies kan wegsteek; ek het byvoorbeeld ’n Finse afrigter wat geen emosie toon nie en altyd in beheer is.

“Ek kan glad nie my gevoelens wegsteek nie en dit laat my dikwels in die moeilikheid beland. In die algemeen sukkel ek baie om my emosies te onderdruk.

“Op die oomblik sukkel ek om positief te bly omdat ek deur ’n verskriklike moeilike tyd gaan nadat ek iemand ongelooflik spesiaals in my lewe verloor het. My wêreld is omvergewerp, maar ek het steeds verpligtinge om na te kom. So nou probeer ek maar my kop optel en die een voet voor die ander sit, al is dit moeilik.”

Nicole het self vroeër verklap sy sukkel om die verbrokkeling van hul verhouding te verwerk. Die nuus het eers onlangs bekend geword, maar mense in die binnekring sê die twee het al omtrent ’n maand gelede uitgemaak. Dit volg nadat Lewis onlangs geskimp het hy beplan om Nicole op hul sesde herdenking die jawoord te vra. Eina.