Rocker? Pop-ikoon? Opera-ster in wording?Nicholis Louw laat hom nie in ’n blik druk nie, en hy jaag nuwe drome na teen dieselfde spoed waarmee sy CD’s van die rak af vlieg.

Hierdie ou se ding is karre,maar hy vlieg omtrent met die spoed van’n Boeing deur die dae. Amper 20 keer per maand rock hy daai lyf op die verhoog, en omtrent elke jaar zirts hy ook deur ’n ateljee om ’n nuwe album op te neem.

En sy CD’svlieg net so vinnig vandie rakke af as wat Nicholis Louw rondrits. Sy nuutste, Energie, het maar verlede November die rakke getref, maar het reeds die dubbelplatinumkerf verby gesteek metverkope van digby 90 000.

En nou is daar boonop iets op die horizon wat die pop-ikoon behoorlik laat voel asof hy op ’n warm lugstroom sweef: Sy platemaatskappy, Select Musiek, het ingestem dat hy ’n klassieke album kan opneem.

“Ekhou vandie liedjies wat ek sing, maar jy moet sing wat verkoop.Ek wou nog altyd rock- en meer klassiekeliedjies sing, en nou het ek uiteindelik die kans,” vertel hy opgewonde.

Toe Select Musiek sê hy kan ’n hele album opneem met liedjies in die styl van Andrea Bocelli, het hy skoon ’n knop in sy keel gekry.

“Elke jaar op Huisgenoot-Skouspel is dit vir my ’n hoogtepunt as ek so ’n soort liedjie kan sing. Skouspel het ’n brug gebou sodat ek ook klassieke werke kan sing. En nou dat Romanz klassieke musiek weer gewild gemaak het, het hulle as’t waredie brug gesement.”

Lees die volledige artikel in die winter-uitgawe van HuisgenootTempo.

Op die internet:

http://www.facebook.com/nicholislouw

http://www.nicholislouw.co.za/