Amptenare soek naarstiglik na die ouers van beseerde kinders wat in die hospitaal is ná die aanval. Geen besonderhede is tot dusver beskikbaar oor hoeveel kinders betrokke is nie en of hul lewend of dood is nie. Volgens die streekspresident van Nice, Christian Etrosi, is minstens 10 kinders in die aanval gedood, terwyl sowat 50 in die hospitaal is vir beserings, wat beenbreuke en kopbeserings insluit. Stephanie Simpson, kommunikasiebeampte vir die Lenval-stigting, het gesê van die kinders se lewe hang aan ’n dun draadjie.

A photo posted by Reuters (@reuters) on
Twee kinders het tydens en ná operasies beswyk. Die vuurwerkvertoning is waarskynlik een van die redes waarom soveel kinders teenwoordig was, en tydens die aanval beseer is.

’n Joernalis, Damien Allemand, wat by was tydens die aanval, vertel liggame het soos kegels gespat toe die vragmotor hulle tref. “Ek was verlam. Ek het nie beweeg nie . . . Toe besef ek. En ek hardloop saam (met die mense). Nog ’n ooggetuie het in ’n onderhoud met Sky News die afgryslikheid van die aanval beskryf.

’n Groot getal toeriste tel onder die slagoffers.
Facebook was egter instrumenteel om ’n paartjie te help om hul vermiste baba van agt maande op te spoor wat tydens die chaos weggeraak het . . . Tiava Banner, die baba se tannie, het op Facebook hulp gevra om die kleinding op te spoor. Die baba is binne ’n uur gevind by die huis van ’n plaaslike inwoner wat die suigeling na veiligheid gebring het.
Vroeër vandag is berig dat ’n vragmotor vol plofstof en ammunisie naby die vragmotorbestuurder se woonstel gevind is.
Nice se lughawe was Vrydagmiddag vir ’n geruime tyd afgesper en mense is versoek om die lughawegebou te verlaat.
Die lughawe is sowat ’n uur later weer oopgestel.

Roerende boodskappe is op verskeie sosialemediaplatforms gedeel

A photo posted by Rural First (@ruralfirst) on

A photo posted by Llorismarine (@llorismarine_) on

Ook die pous het op Twitter sy meegevoel met slagoffers en hul gesinne betuig.

Bronne: sky.com, bradenton.com, medium.com