DIT was 48 uur wat enige sanger sou laat voel: Nou-nou gaan ek wakker word uit hierdie salige, onmoontlike droom...

Eers het sy die verhoogmet die wêreldbekende Andrea Bocelli gedeel, en net twee dae later het sy by die afsluitingseremonie van die Fifa-wêreldbekersokkertoernooi voor 700 miljoen TVkykers wêreldwyd gesing.

Nianell se oë skiet sommer vol trane toe sy dink aan die liedjie The Prayer wat sy saam met die blinde Italiaanse sanger gesing het: I pray that You will be our eyes and watch us on our way... I pray that we will find Your light and keep it in our hearts.

“Dit was ongelooflik. Hy is ’n baie rustige mens – jy kan dit sommer aan sy stem hoor. Al kere dat ek ’n huiwering by hom gevoel het, was toe hy êrens heen moes stap. Maar dis normaal omdat hy blind is,” sê die 38-jarige sanger in haar huis in Johannesburg.

Sy het soos ’n engel gevoel in die wit sprokiesrok wat Kobus Dippenaar spesiaal ontwerp het vir hul optrede in The Dome in North Riding, Johannesburg.

En die woorde van die liedjie wat Andrea al saam met internasionale sterre soos Celine Dion en Josh Groban gesing het, was vir Nianell eenvoudig volmaak.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 22 Julie 2010.