Hulle roei nou al amper ’n maand en half op die oop see en hulle bestemming is nog duisende kilometers ver.

Hulle het op 30 Desember uit Marokko vertrek en het reeds sowat 1 200 km afgelê. Hul tweeman-roeiboot is nou êrens suidwes van die Kanariese Eilande; 9 565 km lê nog voor.

In ’n rubriek oor hulle vordering vertel Riaan dat hulle ’n baie noue ontkoming aan die ooskus van die Kanariese eilande gehad het toe hulle met alle mag en geweld teen ’n sterk wind moes roei om ’n storm te ontduik en by die hawe uit te kom. Die branders was so hoog, hul roeispane kon skaars aan die water raak.

[caption id="attachment_67113" align="aligncenter" width="600"]Riaan Manser en sy verloofde, Vasti Geldenhuys, hoop hulle sal teen einde Maart of begin April in New York aankom. Riaan Manser en sy verloofde, Vasti Geldenhuys, hoop hulle sal teen einde Maart of begin April in New York aankom.[/caption]

Dit was ook in dié waters dat hul seeanker gebreek het.

Vasti het glo ná die tyd gesê sy wens sy kon hulle ervaring botteleer sodat ander kan weet waardeur hulle gegaan het. Die twee is ’n rukkie agter hulle beplande rooster omdat hulle aanvanklik probleme by die doeane in Marokko gehad het en slegte weer hulle effens van koers af gedruk het. Karen Jurgens, Riaan se bemarkingshoof, sê hulle het nou ’n goeie idee wat voorlê. “Soms is dit maar ’n tranerige roei-sessie, veral wanneer die see verskriklik rof is, maar dan skop Vasti se adrenalien in en gee sy die bevele.” Hulle hoop hulle sal einde Maart, begin April in New York aankom.

Marelize Potgieter