Die New Yorkse vervoerowerheid sê ’n kondukteur het Woensdag ’n dooie haai op ’n moltrein in Queens gevind.

Die kondukteur het die passasiers gevra om uit te klim en die wa gesluit. Die trein het sy rit voltooi, waarna ’n opsigter die haai in ’n sak geplaas en in ’n vullisblik gegooi het.

Foto’s op die blog Gothamist wys die haai in die ondergrondse spoorweg. Dit lyk of die haai omtrent 1,2 m lank is. Dit het ’n sigaret in die bek en langs hom is ’n treinkaartjie en ’n blikkie Red Bull.

Vervoerbeamptes sê hulle weet van die foto’s, maar doen nie moeite om die persoon wat dit geplaas het te vind nie. Hulle het “beter dinge om te doen”.

– Sapa

sapalogo