Die werklikheidster en stilis Neven Ciganovic het na Iran gevlieg vir rinoplastiek, ’n operasie om sy skewe neus te laat regmaak, maar toe die dokters hom onder verdowing plaas, het Neven ’n vreemde reaksie op die algemene narkose gehad.

Neven (45) het aan Mirror UK gesê dokters was reeds besig met die operasie toe hulle besef daar is fout.

Priapisme – ’n ongewenste, langdurige en pynvolle ereksie – is by hom gediagnoseer.

Indien dit vir 24 uur onbehandeld gelaat word, kan die penis permanent beskadig word en dit kan selfs tot erektiele disfunksie lei.

Neven het in ’n hospitaal in die Serwiese hoofstad Belgrado herstel. Volgens Daily Mail moes hy nog ’n operasie ondergaan om die priapisme reg te stel en sal hy eers oor ’n paar maande weer na normaal terugkeer.

Neven, wat al ’n paar keer onder die mes was, oorweeg ondanks die komplikasies met sy neusoperasie om nog chirurgie te ondergaan, berig The Sun. Hy wil glo sy weg na internasionale roem baan met die hulp van al die operasies.

“Channel 4 het ’n hele episode aan my gewy. Ek dink dis nogal iets groots en ek hoop dis die begin van my internasionale loopbaan,” sê hy.

Bronne: Mirror, Daily Mail, The Sun, Metro