Dan is daar ook die pure plesier dat jy self kan kies wat jy wil kyk, wanneer jy wil. En net soveel daarvan as wat jy wil.

Die eerste keer dat jy die Netflix-tuisblad voor jou sien, is die keuses erg oorweldigend. Is ek nou lus vir ’n enkele episode van Grey’s Anatomy? Of wil ek gou weer my gunstelingtoneel uit To Kill a Mockingbird kyk?

Dit is alles moontlik met die druk van ’n knoppie.

Die nuus dat Netflix volgende maand sy buiging in Suid-Afrika maak, het fliekliefhebbers aan die gons.

Suid-Afrika het Woensdagaand 6 Januarie amptelik deel geword van die 130 nuwe lande waar gebruikers nou toegang tot dié aanlyn fliek-en-videostroomdiens het.

Tot en met die aankondiging was Netflix reeds in meer as 60 lande beskikbaar met meer as 69 miljoen lede wêreldwyd. Na verwagting sal dié syfer blitsvinnig toeneem.

Lees ook: TV 40 jaar in SA

Op finansiële gebied lyk sake ook baie belowend. Ná die aankondiging het die groep se aandeelprys met 5,5 persent tot amper R1 800 gestyg.

Netflix se medestigter en uitvoerende hoof, Reed Hastings, het tydens CES 2016 (Consumer Electronics Show) sy blydskap uitgespreek oor die beskikbaarstelling van Netflix in 130 nuwe lande. Hy het ook die hoop uitgespreek dat Netflix weldra in Apple en Disney se spoor sal volg en na China sal uitbrei.

Die Krim, Noord-Korea en Sirië sal nie toegang tot die diens kan geniet nie weens bepaalde beperkings wat die Amerikaanse regering opgelê het.

Wat is Netflix?

Dit is die wêreld se mees toonaangewende internet-TV-netwerk waar jy TV-programme, flieks, oorspronklike TV-reekse en dokumentêre programme kan kyk. So lank jy ’n skerm met internetverbinding het, kan jy enige van hierdie programme enige tyd van die dag of nag kyk. Waarskynlik nog een van die diens se grootste aantrekkingskragte is dat dit advertensievry is.

Lees ook: Ignoreer jou maat jou as julle TV kyk?

Netflix-feite

  • Reed Hastings en Marc Randolph het Netflix reeds in 1997 gestig.
  • In 2002 maak die diens sy buiging op die Amerikaanse aandelebeurs.
  • In 2005 bereik lidmaatskap 4,2 miljoen lede.

Het Suid-Afrika soortgelyke dienste?

Plaaslike mededingers soos Naspers se ShowMax, Times Media-groep se Vidi en MTN se Front Row het reeds aanlyn dienste ingestel om die koms van die Netflix-reus vooruit te loop.

Hoe om Netflix te kyk:

1. Registreer op die Netflix-webtuiste. Jy gaan 'n kredietkaart of PayPal-rekening benodig. 2. Maak seker jy het ’n goeie internetverbinding. Onbeperkte internettoegang van minstens 4 MB-spoed word aanbeveel. Om programme en episodes te kyk gaan deurgaans data vreet; daarom is dit belangrik dat jy ’n groot hoeveelheid data het, of liefs onbeperkte toegang. 3. Jy kan ook die app van iTunes of Android aflaai om die diens op jou iPhone, iPad, Android foon of tablet te benut. 4. As jy ’n slim-TV het, kan jy regstreeks op jou stel kyk. 5. Blu-ray-spelers, slimfone, skootrekenaars en mediaspelers kan ook gebruik word. 6. Die eerste maand is gratis. Daarna kos dit vanaf net R127 per maand. Hier is ongeveer hoeveel data Netflix gebruik:

Klik hier om vir jou gratis eerste maand van Netflix te registreer.