Minstens 35 000 aansoeke is vandeesweek ontvang vir die Mars One-projek en slegs vyf kom van Suid-Afrika, het die maatskappy Saterdag op sy webblad gesê.

Die Suid-Afrikaners, tussen die ouderdomme van 19 en 32, moes ’n video instuur van hoekom hulle Mars toe wil gaan en hoekom hulle gekies moet word.

Mars One, ’n organisasie sonder winsbejag wat in Nederland gestig is, se doel is om teen 2023 ’n voltydse kolonie op Mars te vestig.

Die vereistes vir voornemende ruimtevaarders word ook op die webtuiste uiteengesit.

-Nuus24