Sy het glo ’n onversadigbare suikertand. “Ek is lief vir suiker,” sê sy.

“As jy nie suiker eet nie,lééf jy na my mening nie. Donkersjokolade, wortelkoek, sjokoladekoek, sjokolade-splinterkoekies . . . Ek is dol daaroor. Enigiets behalwe terte; ek hou nie daarvan nie. En ek is so bederf, ek drink elke dag ’n vanielje-latté.”

As Katie Holmes die waarheid praat en sy’s regtig ’n volslae suikerslaaf, het sy seker een van die doeltreffendste metabolismes ter wêreld. Of anders leef sy net van soetgoed.

Enigeen met oë kan sien die 32-jarige aktrise raak ál maerder – en dit het Hollywood se  kinderskrywers aan die gons.

Die paparazzi is nou al warm op die voormalige Dawson’s Creek-ster se spoor elke keer dat sy strand of swembad toe gaan in die hoop dat hulle nog ’n glimp van haar benerige rug, skraal skouers of ingesonke maag sal kry.

Lees meer en sien die skok-foto’s in die nuutste uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter.