MEER OOR EMMA

  • Sy het as ’n kind saam met Julia (45) op rolprentstelle uitgehang. Dit het haar laat besluit om eendag ’n aktrise te word.
  • Sy het op nege haar fliekdebuut teenoor Johnny Depp gemaak in Blow (2001). “Ek was baie jonk en het eers later besef ek het saam met een van die beste akteurs nog gewerk.”
  • Haar gunsteling-boek is Breakfast at Tiffany’s deur Truman Capote. “Dit verskil baie van die fliek en is baie hartseer.”
  • Sy koop graag antieksjiek-items en kostuumjuwele. “Ek hou daarvan om op een slag baie diamanté-armbande te dra.”
  • Sy is versot op Londen. “Ek het al flieks daar gemaak en sou graag daar wou bly.”

emma instagram julia

Foto links: Emma (22) het dié foto op Instagram gelaai. “Ek sukkel vandag om op te staan,” het sy geskryf.

Foto regs: Dit lyk nogal bekend! Julia in die trefferfliek Pretty Woman (1990).

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, IMDB.COM, WELCOME2CALI.COM