[caption id="attachment_142415" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Plaaslike wetgewing maak op die oomblik daarvoor voorsiening dat swaarder strawwe opgelê mag word vir verkragters wat kinders jonger as 16 en persone wat verstandelik en/of fisiek gestrem is, teiken.

"Dié soort oortredings word dikwels gepleeg in omstandighede waar die persoon weerloos is en dit misbruik word," lees die wysingswet wat hierdie week in die parlement aangehoor word.

"'n Vierde afdeling weerlose mense - ouer persone - word nie hierby ingesluit nie. Die wysigingswet wil daarom die oortredings van verkragting en gedwonge verkragting aanpas om die pleeg van hierdie misdade teenoor ouer persone in te sluit," lui die wysigingswet ook.

Indien die wetgewing bekragtig word, sal dit beteken dat Suid-Afrika se Wysigingswet op die Strafreg aangepas word sodat persone ouer as 65 ook ingesluit word as een van die groepe mense wat besonder vatbaar is vir verkragting en seksuele misdrywe.

"Dit is moeilik om die teenwoordigheid van seksuele misdade teenoor ouer persone te meet. Nes met sommige ander slagoffers, meld ouer persone dikwels nie die misdaad aan nie."

Waar verkragters nou 15 jaar tronkstraf opgelê kan word vir vekragting, kan hulle in gevalle waar die slagoffer een van die persone in hierdie spesiale, weerlose groep is, lewenslange tronkstraf opgelê word.

Die parlement sal hierdie week weer die beoogde wysigings bespreek.