Die vlug was van Pokhara na Jomson onderweg toe dit Woensdagoggend van die radarskerms verdwyn. Plaaslike polisieowerhede het bevestig die wrak is gevind en dit lyk of niemand die ongeluk oorleef het nie.

Die roete is ontsettend gevaarlik, want loodse moet tussen twee massiewe pieke van die Kali Gandaki-kloof in die Himalaja-berge deurvlieg.

Hoewel die presiese oorsaak van die ongeluk nog nie bevestig is nie, word geen vuilspel vermoed nie.

Die vlug was veronderstel om net 19 minute te duur, maar kontak is verbreek sowat 8 minute nadat die vliegtuig opgestyg het. Die weerstoestande in beide Pokhara en Jomson was gunstig.

Uit die 23 passasiers en bemanningslede was minstens twee buitelanders en twee minderjariges, berig sommige nuusagentskappe. Die vlugkaptein, die veteraanvlieënier Roshan Manandhar, sou oor ses maande aftree.

Die vliegtuig het neergestort in ’n gebied wat baie gewild onder stappers is.

Bronne: CNN, Nepal Times

Ander stories op Huisgenoot.com:

Is Daniel Craig klaar met Bond?

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad

Afrikaanse sangeres sterk aan ná groot knieoperasie

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80