[caption id="attachment_61923" align="aligncenter" width="600"]Die FNB-stadion, twee ure voor die begin van die roudiens vir Nelson Mandela. Die FNB-stadion, twee ure voor die begin van die roudiens vir Nelson Mandela.[/caption]

Al sif die reën sag neer, demp dit geensins rouklaers se geesdrif nie. Dis ’n feestelike atmosfeer wat hier heers terwyl die klank van vryheidsliedere, vuvuzelas en musiek heeltyd opklink.

Mense het warm en knus aangetrek teen die eendeweer en helder sambrele kan oral in die stadion gesien word. Dis ’n dag waarop die reënboognasie Madiba groet. Met sy glimlaggende gesig teen twee televisieskerms in die stadion, kan min mense vergeet waarom hulle hier is.

Hoewel die gedeelte van die stadion oorkant die drie verhoë reeds gevul is, is die res van die stadion nog betreklik leeg.

Meer as honderd staatshoofde word vandag hier verwag met onder andere pres. Barack Obama en Ban Ki-Moon, sekretaris-generaal van die VN, wat hulde aan Madiba sal bring.

-Danél Blaauw