Volgens sy vorige vrou, Winnie Madikizela-Mandela, is dit weens die buise in sy mond wat vloeistof uit sy longe hou, berig die Sunday Independent.

Mandela (95) word versorg in sy huis in die Johannesburgse spogbuurt in Houghton. Sy slaapkamer is omskep in ’n waakeenheid; 22 dokters behandel hom voltyds.

Winnie beskryf Madiba se toestand nie as kritiek nie, maar sê hy kan maklik infeksie opdoen.

Mandela het in Junie siek geword. Hy is toe byna drie maande in die Mediclinic in Pretoria behandel. Sedert sy ontslag op 1 September word hy tuis medies versorg.