Bing en Google reik jaarliks ’n oorsig uit van die wêreld se mees gesoekte woorde op die net. Bing het hul lysie vroeg in Desember en Google hulle s’n einde verlede jaar uitgereik.

Oudpres. Nelson Mandela was 2013 se mees gesoekte term op Google in Suid-Afrika en wêreldwyd. Die geboorte van prins William en Kate Middleton se seun, prins George, was wêreldwyd die mees gesoekte nuusstorie van 2013 volgens die Microsoft-soekenjin Bing.

Wie en wat het nog die lysies gehaal?

GOOGLE SOEKTOGTE VIR 2013

  1. Nelson Mandela
  2. Paul Walker
  3. iPhone 5s
  4. Cory Monteith
  5. Harlem Shake
  6. Boston-maraton
  7. Koninklike baba
  8. Samsung Galaxy S4
  9. PlayStation 4
  10. Noord-Korea

BING SE MEES GESOEKTE NUUSSTORIES VIR 2013

  1. Koninklike baba
  2. Boston-maraton-bomaanval
  3. Cleveland-ontvoering
  4. George Zimmerman-hofsaak
  5. Wapenregte
  6. Tesla
  7. Sirië
  8. Anthony Weiner
  9. Oliepryse
  10. Fiskale krans

GOOGLE SE MEES GESOEKTE ONDERWERPE IN SUID-AFRIKA VIR 2013

  1. Nelson Mandela
  2. Oscar Pistorius
  3. Paul Walker
  4. DefenceX
  5. Vuyo Mbuli
  6. OLX
  7. Standard Bank internet
  8. BBM vir Android
  9. Reeva Steenkamp
  10. Koninklike baba

Bekendes wat Bing se lysie gehaal het, sluit in die popsangeres Beyoncé Knowles, wat die werklikheidster Kim Kardashian as die meeste gesoekte mens op die internet in Amerika geklop het. Suid-Afrika se mees gesoekte 1mense was Nelson Mandela en Reeva Steenkamp.

- Koketso Mashika 

Bronne: www.reuters.com and www.google.com