“Dankie, mnr. Pistorius, ek het nou drie ekke gekry. Ek moes gaan oefen. Ek moes gaan middagete eet. Ek het planne gehad,” het Gerrie aan Oscar gesê tydens kruisondervraging van die moordverdagte.

Hy het ’n WhatsApp-boodskap ontleed wat Reeva vroeg in 2013 na Oscar gestuur het nadat die paartjie die verlowingspartytjie van hul gemeenskaplike vriend Darren Fresco bygewoon het.

In haar boodskap noem sy hy het haar daarvan beskuldig dat sy met iemand anders geflirt het en het gesê hy “het ’n ophef by die tafel gemaak”.

Oscar het gesê hy moes die partytjie vroeg verlaat, want hy moes die volgende dag gaan oefen.

“Sy het geweet ek moes gaan oefen... Ek het nie geweet sy wou langer bly nie,” het Oscar gesê. Gerrie het geantwoord: “Dit gaan alles oor ek. Dit gaan alles oor mnr. Pistorius.”

Oscar word daarvan beskuldig dat hy Reeva op 14 Februarie verlede jaar in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Hy het haar deur die geslote deur van sy toilet geskiet omdat hy haar glo vir ’n inbreker aangesien het. Sy is in die heup, arm en kop getref.

- Sapa