Die vlug, van Sjanghai na München, het om 01:22 Moskou-tyd geland en ambulanspersoneel het gereed gestaan om hulp aan die meisie te verleen. Die Chinese meisie met Italiaanse burgerskap het ernstige mediese probleme, insluitend asemhalingsprobleme, tydens die vlug ervaar.

“Die kind het nie asemgehaal nie en nie ’n pols gehad nie. Die dokters het haar probeer bybring maar was onsuksesvol,” het ’n persoon van die streeksnooddienste aan TASS gesê.

Die ambulanspersoneel het haar op die toneel dood verklaar.

Die presiese oorsaak van haar dood en wat moontlik daartoe kon gelei het, is nog onduidelik.

Bronne: airlive.net, tass.ru, news4-u.ru

Lees ook op Huisgenoot.com:

Zephany Nurse se grootmaak-ma het gedink ‘haar mamma wil haar nie hê nie’

Grootmaak-ma getuig in hof: So het ek Zephany gekry

‘Liefdesdriehoek’ eindig tragies

Vissers vind gemummifiseerde seiljagvaarder

‘Die vonds wat die wêreld verstom’: Nuwe inligting oor seevarende mummie bekend