[caption id="attachment_120694" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Walleed Samuels is in sy rug getref, maar kon steeds huis toe hardloop, waar hy vir sy ouma gesê het hy is geskiet.

“Hy het bloeiend ingehardloop en gesê: ‘Ouma, hulle het my geskiet’,” het Masouda Osman aan News24 gesê.

Lees ook: Brusselse bomaanvalle: IS ‘aanvaar verantwoordelikheid’

Die seuntjie se ouer suster, Washeema Samuels, het gesê die koeël het haar broer se ruggraat met millimeters gemis.

Walleed het vroeër saam met sy ma gaan kyk hoe sy suster in ’n netbalwedstryd speel by ’n sportterrein daar naby. Net ná drieuur het hy met sy skaatsplank huis toe gegaan, want hy het koud gekry, het Walleed se ma, Aisha, gesê.

“Toe ons die skietery hoor, het ek gehardloop. Op pad om te kyk waar hy is, het ek op iemand afgekom wat gesê het ’n kind is geskiet. Ek het my huis toe gehaas en my ma en seun raakgeloop.

Lees ook: Tweejarige skiet hom met ma se vuurwapen

“Ek het hom gegryp en oral op sy lyf gevoel om te kyk waar hy seergekry het. Dit is toe dat ek bloed aan sy rug kry.”

Die polisie was gou op die toneel, het sy gesê, en het haar en haar seun na ’n daghospitaal daar naby gebring. Daarna is hy na die Rooi Kruis-kinderhospitaal oorgeplaas.

“Hy is erg getraumatiseer en bang vir die kleinste ding. Hy het deur die nag gehuil,” het Aisha gesê.

“Die koeël is gisteraand verwyder en Walleed het baie pyn. Dit het al sy organe gemis – dank die Vader daarvoor. Die dokters sê hy behoort teen vanmiddag laat ontslaan te word.”

Sy is kwaad dat haar seun geskiet is terwyl hy in ’n park gespeel het wat hy as ’n veilige plek beskou het, het Aisha gesê.

“Dit is skoolvakansie, maar die kinders moet te bang wees om buite te speel.

Lees ook: Man val sy meisie met skêr in Johannesburgse haarsalon aan

“Erger nog, die ou wat glo die skoot afgevuur het, is self nog ’n laaitie.”

Luit.-kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die seun het in die kruisvuur beland toe ’n man op ’n groep mense in Derwent Court losbrand.

“Die omstandighede rakende die poging tot moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy bevestig.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Twitter is 10 jaar oud! Kyk wat was dié SA bekendes se eerste twiets

Dié hawelose se liefdesverhaal sal jou weer in feëverhale laat glo

Chi Chi kan weer hardloop ná sy gemartel is ‘om haar vleis sag te maak’

Kyk: Dié twee bekendes word saam mammas en ‘kan nie wag nie’

Van Mej. Reëndruppel na Mej. SA: Ons gesels met Ntandoyenkosi Kunene, haar ouers