’n Nege weke oue yorkshire-terriër, Danté, het wonderbaarlik 'n brand by 'n tuinwoonstel in Kroonstad oorleef, berig Netwerk24.

Volgens Netwerk24 het die brand Donderdagoggend gebeur en is Danté ongedeerd saam met twee Bybels gered uit die slaapkamer.
'Al waaraan ek gedink het, was my hondjie.'

“Al waaraan ek gedink het, was my hondjie, Danté,” het Landi Fourie (29) gesê. Sy woon saam met haar verloofde, Brendin Goosen (21), in die tuinwoonstel wat by Brendin se pa se huis is.

Landi is 10:30, terwyl sy by die werk was, van die brand verwittig en het haar dadelik na die huis gehaas.

“Toe ek dit sien, huil ek, want toe is my hondjie nog binne,” het Landi gesê aan Volksblad.

Die brand het vermoedelik by die televisiestel begin.

LEES MEER HIER

Bronne: News24, Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: